Daar is ongelooflik baie “Bronne” wat die skooldag wil vervang met een of ander vorm van tuisskool.
Dit is nie ons nie…
Daar is ongelooflik baie mense en instansies wat “Ekstra klasse” gee, met die redenasie dat 5 skoolklasse per week nie genoeg is nie.
Dit is ook nie ons nie…
Maar hoekom is daar dan ‘n behoefte vir “ekstra klas”?
Wel, dink net mooi: ‘n Onderwyser sit met ‘n klas van 30 kinders in ‘n 40 minute periode. Dit gee min-of-meer een minuut per kind vir individuele aandag. Die Onderwysers se werk is om deur die kurrikulum te kom, so hulle is geforseer om ‘n kombers oor die hele klas te gooi en die verduidelikings en werkkaarte so goed as moontlik te probeer doen. In “Ekstra Klas” kan die kinders dan in zoom op die konsepte en tegnieke wat hulle in die klas gemis het.
Wat is die rede hoekom so baie kinders dan nog steeds sukkel om die mas op te kom met Wiskunde?
Kom ons spreek eers die olifant in die vertrek aan: Die ekstra klasse is een keer, of as die ouers dit kan bekostig, twee keer per week, maar daar is elke dag Wiskunde huiswerk.
As hierdie huiswerk in die ekstra klasse aangespreek word ‘n paar dae nadat dit in die klas gedoen is, en daar alreeds aanbeweeg is na iets anders toe, dan gaan die kinders die hele tyd agter wees en “catch-up” speel.
Wat is ons oplossing?
Met tutor-on-call gee ons vir die kinders die geleentheid om elke dag, enige tyd, vrae te vra oor waarmee hulle sukkel. ‘n Tutor help hulle dan met daardie een vraag totdat hulle dit verstaan, deur te begin met ‘n gesprek op WhatsApp, te tap uit die video databasis (Back to Basics) van duisende videos of deur ‘n video te maak indien nodig (etutor).
Dit gee deurlopende individuele en persoonlike aandag, want geen twee kinders het dieselfde vraag of haak vas op dieselfde plekke nie.
En baie belangrik: Omdat ons gebruik maak van tegnologie kan ons die prys vir hierdie deurlopende hulp aansienlik onder enige ander "ekstra klasse" inbring, sonder om die persoonlike aandag op te offer.